Algemene Vrae.

Wie en wat is WeatherInDe?

WEATHERINDE (PTY) LTD is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaffer, met lisensie no. 45071. Ons het ‘n Kategorie 1 lisensie wat ons magtig om adviest gee en intermediêre dienste te verrig in die volgende produkte: Sekuriteite – Afgeleide Instrumente. Ons word gereguleer deur die Finansiële Dienste Raad (FSD) gereguleer in terme van die FAIS Wet van 2002.

Wat is ‘n weer afgeleide?

Dit is ‘n oor-die-toonbank afgeleide finansiële instrument wat beskikbaar is vir enige persoon wat homself/haarself teen ongunstige weerstoestande wil verskans. Dit is gebaseer op dieselfde beginsel as ‘n Europese “Long only” opsie.

Wat kos die weer afgeleide instrumente?

Elke weerafgeleide kontrak word individueel geprys – die premie koste is afhanklik van die spesifikasies van die kontrak.

Is daar enige marges wat betaal moet word?

Nee, die opsie premie word ten volle betaal by aanvang van die kontrak en daar is geen verdere kostes nie.

Hoe word die uitbetaling bepaal?

Ons weer afgeleide produkte word geprys en betaal volgens die data wat deur NASA se satelliete gemeet word, asook data soos verskaf deur Speedwell Weather Services weerstasies.

Wie onderskryf die weer afgeleide produkte?

Ons weer afgeleides word onderskryf deur die grootste herversekeraars in die wêreld, insluitend SwissRe. Hulle het almal ‘n A+ kredietgradering.

Wie is die teenparty in die kontrak?

Ons het ‘n samewerkingsooreenkoms met die Switserse maatskappy wat die weer afgeleide produk ontwikkel het, naamlik CelsiusPro – hulle is dan ook die teenparty met wie die kontrak gesluit word. Besoek gerus www.celsiuspro.com

Watter soort weer afgeleides is beskikbaar?

Ons verskaf verskeie weer afgeleides in die vorm van “Put” en “Call” opsies op Reënval, Temperature, asook NDVI waardes. Besoek ons Dienste bladsy vir n voledige opsomming.

Kan ek ‘n weer afgeleide kontrak vir môre of volgende week koop?

Nee, die weer afgeleide kontrak moet minstens 20 dae voor die aanvang van die kontrak gekoop word, en die premie moet betaal wees.

Kan ek my ‘n weer afgeleide kontrak/instrument verkoop?

Nee, die kontrakte kan slegs gekoop word. Ons weer afgeleide instrumente is oor-die-toonbank produkte en word nie deur ‘n beurs (soos die JSE) verhandel nie – dit is slegs “Long only” oor-die-toonbank (“OTC”) kontrakte.