rainfall_derivatives
Ons bied ‘n verskeidenheid Reën Afgeleides wat aangepas kan word om by elke kliënt se risikoprofiel te pas en die kliënt te verskans teen te min of te veel reën.
temperature_derivatives
Ons bied ‘n verskeidenheid temperatuur afgeleides wat aangepas kan word om elle kliënt se risikoprofiel te reflekteer en dus die kliënt te verskans teen ongunstige hoë/lae temperature.
vegetation2_index
Ons bied ‘n gespesialiseerde NDVI Afgeleide wat aangepas kan word om by die kliënt se risikoprofiel te pas en die kliënt teen lae NDVI waardes te verskans.

ALGEMENE VRAE

Wie en wat is WeatherInDe?

WEATHERINDE (PTY) LTD is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaffer, met lisensie no. 45071. Ons het ‘n Kategorie 1 lisensie wat ons magtig om adviest gee en intermediêre dienste te verrig in die volgende produkte: Sekuriteite – Afgeleide Instrumente. Ons word gereguleer deur die Finansiële Dienste Raad (FSD) gereguleer in terme van die FAIS Wet van 2002.

Wat is ‘n weer afgeleide?

Dit is ‘n oor-die-toonbank afgeleide finansiële instrument wat beskikbaar is vir enige persoon wat homself/haarself teen ongunstige weerstoestande wil verskans. Dit is gebaseer op dieselfde beginsel as ‘n Europese “Long only” opsie.

Wat kos die weer afgeleide instrumente?

Elke weerafgeleide kontrak word individueel geprys – die premie koste is afhanklik van die spesifikasies van die kontrak.